Wian van Niekerk

Eienaar en stigter van Bakgat Elektries

Wian het sy Elektriese studies by Northlink Kollege en sy vakmanskap by TFDesign, in Stellenbosch, voltooi en is `n gekwalifiseerde 3 Fase Elektrisiën.

Sy belangstelling in die elektriese veld het ontstaan toe hy as skolier vakansie werk by sy oom, Riaan Burger, se elektriese besigheid gedoen het. In Junie 2013, na die voltooiing van sy vakmanskap eksamen, het hy met net sy persoonlike bakkie en gereedskap, en die ondersteuning van sy oom en sy gesin, sy eie besigheid begin.

Die naam Bakgat Elektries het heel per toeval gekom, en was nie die eerste keuse gewees nie. `n Vriend het die voorstel gemaak, as `n grap, om die 3de naam op die maatskappy registrasie dokumente vol te maak. Die registrateur van maatskappye het toe die naam toegewys.

Wian het hierna deur die harde werk en toewyding sy besigheid begin groei en het in sy tweede jaar, soos hy meer groter projekte begin aanpak het, begin om sy spanne uit te brei. Tans het Bakgat elektries 5 spanne op die pad wat installasies op persele doen.

Vir hom het elke dag unieke uitdagings wat hom gedrewe hou om net die beste diens aan sy kliënte te lewer.

Chris Bakgat Elektries Electrician Electricity

Chris du Toit

Toesighouer (Gekwalifiseerde Elektrisiën)

Chris het op sy ouers se plaas groot geword in Noord Wes, waar hy geleer het om met my hande te werk en oplossings te kry, dis waarom hy die beroep gekies het. 

Hy het vir 6 jaar in Pretoria gewerk as vakleerling by Mahlanga Electrical contractors (Willem du Toit) wat hom opgelei het in die veld terwyl hy  deeltyds by N-tek sy N-vakke studeer het.

Chris het sy “Rooi Seël”-kwalifikasie in 2019 verwerf Qualitas College in Pretoria.

Hy en my meisie het besluit om saam ñ lewe in die Weslike Provinsie aan te pak na sy plasing vir haar internskap hier gekry het.

Chris het in November 2021 by die Bakgat-span aangesluit en spesialiseer in onderhoud, herstelwerk en installasies en lei hierdie span.

Shawn Stoffels

Toesighouer

Shawn is die langsdienende werknemer by Bakgat Elektries en het in 2015 by die maatskappy aangesluit.

Shawn het 3 woelige seuns.  Hy spesialiseer in konstruksie, nuwe geboue, opknappings en aanbouings en lei een van die konstruksiespanne.

Hy beplan om teen 2023 sy rooi seël te verwerf.

Marnus Bakgat Elektries - Sonpaneel Solar Panel Electricity Inverters

Marnus Visser

Voorman

Marnus het groot geword in Kuilsrivier en het in 2012 na Langebaan aan die Weskus verhuis. Hier begin hy in die elektriese veld werk en gedurende 2013 tot 2015 doen hy sy N1 en N2 in Elektries aan Soltec in Pretoria. In 2015 begin hy in die elektriese veld werk en voltooi in 2020 ‘n Junior Safety Officer Kursus.

Marnus voltooi en slaag ook die SAMTRAC kursus in veiligheids bestuur.
Marnus is getroud met Danièlle en het 1 seun, Voncent.
Marnus keer in September 2022 terug na Bakgat Elektries as Voorman – Konstruksie. Marnus oorsien huidiglik verskeie konstruksie projekte in Stellenbosch en Val de Vie / Pearl Valley in Paarl.

Die Bakgat Span in Aksie