Wie is Ons
Wie Is Ons
Wian (Die Baas!) van Niekerk

Sy belangstelling in die elektriese veld het ontstaan toe hy as skolier
vakansietyd by sy oom, Riaan Burger, elektriese werk gedoen
het. In Junie 2013, na die voltooiing van sy vakmanskap eksamen, het
hy met net sy persoonlike bakkie en gereedskap, en die
ondersteuning van sy familie, sy eie besigheid begin.
Die naam Bakgat Elektries het heel per toeval gekom, en was nie die
eerste keuse gewees nie. ‘n Vriend het die voorstel gemaak, as ‘n
grap, om die 3de naam op die maatskappy registrasie dokumente vol
te maak. Die registrateur van maatskappye het toe die naam
toegewys.
Wian het hierna deur harde werk en toewyding sy besigheid begin
groei en het in sy tweede jaar, soos hy meer groter projekte begin
aanpak het, begin om sy spanne uit te brei. Tans het Bakgat Elektries
5 spanne op die pad wat installasies op persele doen.
Vir hom het elke dag unieke uitdagings wat hom gedrewe hou om net
die beste diens aan sy kliënte te lewer.
Hannes (Die Klein Baas!) Coetzer
Hannes het sy studies en prakties gedoen by Solidariteit-Tech
(Sol-Tech), in Pretoria Wes. Daarna het hy sy vakmanskap as 3
Fase Elektrisiën gedoen onder Danie Cronje by DC Electrical
Africa (DCEA) in Pretoria.
Nadat hy sy vak toets afgelê het by Qualitas in 2016, het sy paaie Kaapstad toe gely waar hy as Projek bestuurder aangestel is by Inexma Electrical.
In 2020 sluit hy aan by Bakgat Elektries as Operationele Bestuurder. Hannes staan Wian by met projekte, tenders en kontrakte.


Die Spanne

Shawn en Armel

Glenville en Christopher

Alex en Riduaan

Briek en TK
