



Bakgat Elektries dek alle aspekte van die elektriese industrie. Bakgat Elektries doen nuwe installasies, herstelwerk…
Bakgat Elektries doen konstruksie werk vir groot konstruksie maatskappye, maar lewer ook ‘n 24/7 bystand diens…
Deur ons verskaffers voorsien ons kliente van ‘n groot verskeidenheid van toestelle, beligting en alle elektriese…
Wian van Niekerk – Eienaar en stigter van Bakgat Elektries. Wian het sy elektriese studies…
Welkom
by Bakgat Elektries
Groot of klein elektriese behoeftes, u sal altyd die beste moontlike diens en prys by ons kry.
Bakgat Elektries bestaan al sedert Junie 2013 en word bedryf met die uitsluitlike doel om gehalte diens aan ons kliënte te lewer. Ons het 5 spanne in die veld wat omsien na kliënte se behoeftes.
Ons het ‘n goeie werksverhouding met al die groot vervaardigers en verskaffers van elektriese toerusting, komponente en beligting en verskaf net die beste produkte aan ons kliënte. Ons elektriese installasies voldoen aan die SANS 0142 standaarde en ons maak seker dat alle installasies koste-effektief en energie-doeltreffend is.
Ons visie is om ons besigheid uit te brei, om kliënte te werf deur goeie verhoudings te bou en om ‘n leidende speler te word in die elektriese konstruksie en kontrakterings veld.

Ons Spesialiseer In:






Elektriese Sertifikate van Voldoening





By Bakgat Elektries is ons kerndoel om kliënte se elektriese sisteme te verbeter en in werkende toestand te hou. Die COVID-19-pandemie is ‘n ongekende uitdaging, maar saam kan ons die virus oorkom.
As ‘n besigheid het ons die nodige stappe geneem om ten volle te kan funksioneer in hierdie moeilike tyd en om sonder enige kompromie met die diens wat u van ons verwag voort te gaan. Ons bly ten alle tye beskikbaar vir enige bystand dienste. Al ons personeel wat uit gestuur word sal teen alle tye maskers en handskoene dra tydens nood dienste vir higiëniese doeleindes.
Ons wil al ons kliënte bedank vir hulle ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd en ons sien uit na u volgehoue ondersteuning vir die res van 2020.
Ons is gelisensieerd om deur inperking te werk.
Ons maak gebruik van die volgende verskaffers vir ons projekte.
Werksure Maandag tot Donderdag: 08:00 – 17:00
Vrydag: 08:00 – 15:00 24/7 Bystand Diens:
Op naweke en publieke vakansiedae.