Bakgat Elektries dek alle aspekte van die elektriese industrie.

Bakgat Elektries doen nuwe installasies, herstelwerk en onderhoud in fabrieke / fabrieksmasjinerie, pompe, core drilling, son krag installasies, die installasie van omsetters en battery sisteme en alle ander elektriese installasies en instandhouding.

Bakgat elektries is al vir langer as 3 jaar Diemersdal plaas se hoof elektriese kontrakteur.

Diemersdal Wynplaas

Bakgat Elektries het die ligte by die swembad onthaal area op die plaas opgeknap asook die nuwe uitbreiding aan bestaande wyn kelder se elektriese installasie behartig. Die opgradering van die wyn kelder het die installasie van ‘n distribusie paneel, LED “High Bay” ligte en 3 fase krag sokke behels.

Warning: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/bakgahgssk/wp-content/plugins/elementor/includes/base/widget-base.php on line 223 Warning: Undefined array key -1 in /usr/www/users/bakgahgssk/wp-content/plugins/elementor/includes/base/controls-stack.php on line 695

Eric Smit Transport

Eric Smit Transport het vanaf Brackenfell na hierdie nuwe perseel in Durbanville Industriële Park geskuif. Hierdie gebou huisves Eric Smit Transport se nuwe kantore en transport depot. Die konstruksie van die gebou het onder andere die installasie van LED ligte behels om sodoende krag te bespaar.

Apollo Brick

Bakgat Elektries het die onderhouds werk by Apollo Bricks se Atlantis fabriek behartig en ook`n klei steen pers bedraad wat vanaf China ingevoer is.

Wechmarshof

Op Wechmarshof het Bakgat elektries son panele op die dak geïnstalleer asook die werkswinkel bedraad en ligte en krag sokke geïnstalleer.

Alpha Pharm

Bakgat Elektries het al Alpha Pharm se ligte na LED’s toe te verander vir krag besparing.

Core Drilling

In 2019 het Bakgat elektries ‘n nuwe diens beskikbaar gemaak aan ons residensiële, kommersiële en industriële kliënte.