Deur ons verskaffers voorsien ons kliënte van`n groot verskeidenheid van toestelle, beligting en alle elektriese toerusting. Bakgat Elektries ontwerp ook energie-effektiewe installasies. Groot of klein, jy noem dit, Bakgat Elektries kan jou help met al jou elektriese behoeftes.
Laerskool Durbanville
Bakgat Elektries is op hierdie projek deur Atuba Konstruksie ge-subkontrakteer. Die projek het bestaan uit die totale elektriese installasie, insluitende die binne- en buite beligting vir die aktiwiteitsentrum. Die munisipale elektrisiteits aansluiting is ook opgegradeer en `n distribusie bord sowel as kafeteria toestelle is geïnstalleer.
PlayAlot
Bakgat Elektries het hierdie speelpark se volle bekabelling en ligte installasie gedoen in 2019. Hierdie projek is binne 3 maande voltooi. Die projek het onder andere “core-drilling” werk, asook die installering van energie-effektiewe LED kolligte en kleur veranderende LED stroke behels. Hierdie was een van Bakgat Elektries se grootste projekte van 2019 gewees.
Roodezandt Skoolsaal
Bakgat Elektries het die elektriese installasies by hierdie nuwe skool saal by Roodezandt, in Saron, as sub-kontrakteur vir Atuba Konstruksie voltooi. Die skool saal is deel van die Archway Foundation se skool saal projek.
We Buy Cars
Bakgat Elektries het kragsokke vir televisies geïnstalleer in hulle verkoops lokaal.
Wassery
Bakgat Elektries het ‘n wassery in Stellenbosch verklein en ‘n deel in woonstelle omskep.
